Thursday, August 11, 2005

Nog kak praat en dinge - Oppikoppi

Ek het gedink ek moet miskien n bietje met julle gesels in Afrikaans, sienende dat dit my moeder taal is. En as dit kak lyk, tough shit. Hoe langer ek in fokken Johannesburg bly hoe meer besmet raak my Afrikaans met Engelse Kak. In elkgeval, ek het al vir n rukkie Radio Kalahari Orkes enjoy, en al geluister met n bree glimlag op my gesig. Dit laat mens sommer moerse lekker voel as jy n klomp musos op die stage sien wat hulle self amper meer as die crowd geniet. Verder deur die naweek het die musiek meer n agtergrond murmur geword soos die drank met my bloed en brein begin komunikeer het. Dis seker kak van my, maar vir my het dit meer as net oor musiek gegaan. Wat my regtig in die lewe fasineer is mense en hulle interaksie met al die dinge wat na ons gegooi word in ons leeftyd. Ok, ok, ek gaan nou nie te fokken filosofies raak nie. Ek skryf nie om mense aan die slaap te maak nie, maar eder dat hulle my trakseer as hulle nie met my saamstem nie. Hoe interesant kan die lewe wees as ons alewig net kopskud en voort fok. My web site is nou al twee weke aan die gang en ek het nog fokol negetiewe kretiek gekry nie. Dis fokken boring! Daar is nie n manier dat al die fokkers wat sover gelees het met alles bliksemswil saamstem nie. As jy dink ek het die bus gemis, gebruik jou fokken vingers en skryf dan so. Is dit n Suid Afrikaanse trent dat ons maar net saamstem terwyl mense ons eintlik so debliksem in kan maak dat ons ons fokken hare wil uitrek, he? Goed, genoeg gekerm.
Oppikoppi was in een woord, befok! Ek se julle, dis seker die eerste keer in n fokken lang tyd dat ek na n jol gaan met so baie mense, waar daar 'fokkel' kak is nie. Mens moet alewig oor jou skouers kyk by sulke groot konserte. Ek was so fokken rustig, jy kon met my toor. Dit was miskien te doen met n knypie van die hier, en n knypie van daai daar, maar die punt is dat ek myself meer tyd toe gaan staan vir music festivals van die aard.
Vir al julle fokkers wat so vriendlik was, en natuurlik die hot meisies wat my n stiffie hier en daar gegee het, se ek dankie en sien julle volgende jaar, of die volgende erg-Afrikaanse fees.

Gesondheid!

No comments: